17 Responses

  1. Anonymous
    Anonymous April 3, 2014 at 12:43 pm |

    Ek het ‘n dogtertjie van 5 jaar oud. Ek en haar ma was nie getroud nie en is al vir 4 jaar nie meer saam nie. Sy woon by haar ouma sedert sy en haar ma weggetrek het van dieselfde dorp af as wat ek woon en haar ma het intussen getrou en getrek en my dogtertjie woon steeds by haar ouma. Die feit dat hul na ander dorp getrek het het dit vir my moeilik gemaak om haar te kon sien soos wat in die ouerskap plan gestipuleer was en dit het veroorsaak dat ek haar vir bietjie langer as 2 jaar nie kon sien nie. As ek haar geskakel het was sy altyd of te besig om met my te gesels of hul het net eenvoudig nie die foon geantwoord nie. Nou dat ons albei weer in dieselfde dorp woon en my dogtertjie gereeld na haar ma toe kom het ek al menigde male versoek om haar te kan sien al is dit eers net onder toesig weier hul net eenvoudig dat ek haar sien. Ek weet nie wat om te doen nie maar ek weet net ek wil my kind baie graag sien ons het vanaf geboorte ‘n baie noue band met mekaar gehad en hul het tot op hede bevestig nog dat die tyd wat ek haar nie kon sien nie wys hul gereeld vir haar fotos van my, maar gee nou elke keer as ek vra om haar te sien die verskoning dat sy huil en is upset as hul vir haar se dat ek haar wil sien. Asb ek sal enige raad waardeer.

  2. joey
    joey May 27, 2014 at 9:00 am |

    Baie dankie vir die inligting! Dis baie handig! Net een vraag? Eks geskei met 3 kinders. Hofbevel se 50/50 op alle finansiele onkostes wat kinders betref en elke 2de naweek by hul pa. Vakansies word gedeel en kersfees ens ook. Hul pa verdwyn skoonveld vir maklik 6maande sonder kontak en dan skielik val hy uit voor die hek en verwag als is soos hy dit agter gelaat het. 3 maande in hul lewe en dan verwyn hy weer. Dit raak die kinders emotioneel vreeslik hulle voel weg gegooi. Finansieel lewer hy ook geen bydrae. Hulle verdien hulle pa! Maar verdien hulle om sy kinders te wees slegs as dit hom pas?

  3. billy en linda vos
    billy en linda vos July 10, 2014 at 7:57 pm |

    goeiedag..ons vra raad…ons kinders en kleinkind word van ons weggeneem deur die cmr sonder enige dokumentasie, sonder enige dokumentasie om in die hof te verskyn…sonder ondertekening van enige dokumentasie…sonder ons medewete word ons kinders by hulle skole deur die cmr verwyder…ons het niks verkeerds gedoen nie…nadat ons meer as n jaar vir die terugkeer van ons kinders baklei het is ons kinders weer by ons huis…ons verstaan nie hoekom ons kleinseun nog nie by ons is nie…asseblief ons verlang na hom en ons het hom grootgemaak vanaf dag 11 tot op ouderdom 2jaar 2maande en 5 dae..help ons asseblief en baie dankie…0810447901-billy..0810447903-linda..0125464082-huis

  4. Marius Victor
    Marius Victor October 24, 2014 at 9:44 am |

    U kan ‘n aanoek deur die Kinderhof bring om die ouerskapsplan af te dwing. Alternatiewelik kan u ‘n aansoek bring om die plan heeltemal te laat hersien en ander reëlings in plek te sit, soos byvoorbeeld, om primere residensie by u te vestig.

  5. Anonymous
    Anonymous November 13, 2014 at 1:42 pm |

    Ek en my kind bly in n ander dorp. Die pa het haar nog nooit kom haal vandat ons getrek het nie. Ons het nog al die pad gery om te sorg dat sy by hom uitkom. Die familieplan sê die Applikant moet die kind by die Respondent gaan optel en aflaai, maar hy weier.

  6. Marius Victor
    Marius Victor November 14, 2014 at 9:51 am |

    U optrede sterk die pa in sy kwaad, aangesien daar geen rede vir hom is om gehoor te gee aan die ouerskapsplan nie, u sal in ieder geval mos die kind na hom toe vat. Ons stel voor dat u u hou by die bepalings van die ouerskapsplan. As die plan stipuleer dat die pa die kind moet kom optel en aflaai moet hy dit doen. Alewige verslapping van die bedinge van die ooreenkoms beinvloed die integriteit van die ouerskapsplan en speel op die ou end tot die nadeel van die kind in.

  7. Anoniem
    Anoniem December 3, 2014 at 7:35 pm |

    Ek het n buite egtlike dogter en op haar geboorte sertifikaat is haar van haar biologiese pa se van. Ek wil dit bitter graag verander want dit het redelik baie komplikasies ten opsigte van op oorsese vakansies te gaan of net oor grens! Ek kry geen samewerking van biologiese pa ten opsigte van die saak! Hoe kan ek haar van verander? Hy is nie betrokke by sy dogter nie en as ek hom iets vra, word dit nooit gedoen . Help asb! My man wil haar graag aannneem

  8. Elaine Julyan
    Elaine Julyan December 22, 2014 at 9:42 pm |

    Ek sit met n situasie. Ek is reeds by n maatskaplike werker. My eks wil skierlik na 12jr betrokke raak by sy kind van 12jr. Die finale mediasie notules is afgehandel vir die finale gesinplan wat opgetrek gaan word in Januarie. My probleem is my kind deel alles met my en ek verwag n baie emosionele uitgepitte kind sodra hy van sy pa af terugkom. My eksman het my tydens ons huwelik van 5jaar emosioneel afgekraak. Ek het selfs n beskermingsbevel destyds daarvoor aangeskaf. Wat staan my te doen wanneer my kind weer terug is weer uitbrei van sy kuier by sy pa dat die hom weer emosineel afgekraak het. Met hom pleinweg ongeskik is met hom. My kind se stiefsussie maak en breek netso sy lus het. Wanneer my kind iets vir my eks daarvan sou noem, word dit slegs afgemaak van “hou tog op om te beklei” My kind William kom die laaste tyd baie huilerig van sy pa af. Enige kind sal ongelukkig wees as enige volwasse en in hierdie geval sy eie pa hom n dikgat noem elke keer as my kind nie ja en amen nie. Ek kan n storieboek vol skryf. Die maatskaplike werker se my kind moet kontak met sy pa het en dit sal hom net sterker maak. Ek kan geen punt daarin sien dat my eks nou my kind ook sielkundig wil afkraak met sy swak maniere nie. Hoe kan ek my kind beskerm?

  9. Moedeloos
    Moedeloos January 8, 2015 at 12:20 am |

    Ek is meer as 4 jaar gelede geskei en ek is die primere versorger van ons twee seuns. My oudste van 10 jr is altyd gewillig om by sy pa te gaan kuier, maar die jongste seun van 6 jr wil met alle geweld huis toe kom na die tweede aand van oorslaap en vertel vir my na die kuiertjies hoe graag hy wou terug kom en hoe hy gehuil het in die aande. Daar word vreeslik met hom geraas en hy kry selfs pak volgens my ouer seun. My jongste smeek my om hom nie te stuur na sy pa toe nie – maar sy pa het telkemale vir hom gese dat hy nie meer Welkom sal wees as hy nie gaan kuier nie. Ek het vannaand met ons seuns gesels telefonies en is vreeslik ontsteld omdat my jongste my gevra het “hoeveel slapies nog”….en na ek hom vertel het dat daar nog net ‘n paar slapies oor is, kon ek hoor hoe emosioneel hy geraak het en sy huil en trane vinnig moes sluk sodat sy pa en sy vriendin dit nie moet sien of hoor nie. Ek het toe daarna vir hom ‘n SMS gestuur om te versoek dat my jongste dalk eerder huis toe moet kom omdat dit klink dat die kuiertjie net te lank raak….maar niks terug gekry nie. Ek voel so moedeloos omdat ek weet en kon hoor hoe ontsteld hy was. Wat doen ek om hom te beskerm teen al hierdie hartseer en om sy BESTE belange eerste te stel…Bo sy pa se afpersing en emosionele manipulasie. Ek beleef dit weekliks en het al paar keer verskoning gemaak dat my jongste nie kan kom kuier nie…wat nagevolge inhou vir hom. Ek is so raadop!!! Hoe kan dit so aangaan. Wat is sy en my regte?

  10. Marius Victor
    Marius Victor January 9, 2015 at 4:15 pm |

    My voorstel is dat u u plaaslike Kinderhof nader om u gewese man se kontakregte te laat beperk tot kontak onder u toesig. Die personeel is baie behulpsaam en sal u kan bystaan met die invul van die nodige vorms. As deel van hierdie verrigtinge sal die Gesinsadvokaat ‘n ondersoek instel na beide u en u man se optrede en lewensomstandighede ten einde ‘n deurdenkte besluit te maak betreffende waar die beste belang van u kind gedien sal word. Beide partye sal kans kry om hul kant van die saak te stel.

  11. Ouma
    Ouma January 14, 2015 at 4:55 pm |

    Ek is op soek na raad. As ‘n pa elke aand sy dogtertjie (se tussen 2 – 6jr) se privaat dele betas en was, sal dit as moletering gesien word? Ek dink so. En as ‘n ma en haar vriend dit met haar seuntjies van daardie ouderdom doen? Is dit dan net in belang van “hygiene”? Al huil en kla hulle dat dit seer is, dat hulle nie daarvan hou nie, nie wil teruggaan na mamma toe nie wanneer hul by pa gekuier het nie. Selfs na ‘n dokter hulle skriftelik vermaan het en genome het dat dit onnodig is, gaan hulle steeds voort. Toe die kinders 2jr gelede begin kla het, is al die nodige stappe gedoen, maatskaplike werkers, sielkundiges, spelterapeute ens. Almal stem saam dat iets wel gebeur het maar die kinders is te klein om te getuig. Die voordeel van die twyfel gaan na ma want sy lieg haar uit alles uit. Na derduisende Rande, wat moet mens nog doen om twee stukkende seuntjies uit hierdie ding uit te kry? Ek die Kinderwet stink en word net eensydig toegepas. Die kinders kry geen voordeel daaruit nie.

  12. Hartseer
    Hartseer February 5, 2015 at 1:24 pm |

    My 2 dogtertjies van 7 en 8 se primere woning is by hulle pa volgens ‘n hofbevel. Maar ons het nogsteeds gesamentlike ouerlike verantwoordelikheid. Maar ek het geen sê in waar hulle mag skoolgaan of bly of niks. Hy sê my net dood eenvoudig hy sal besluit. Ek en my huidige man moet verhuis Kaap toe, platteland wat my kinders ken en al daar was vir werk en wil graag die meisies saamneem. Hy is na ons huwelik weer geskei van sy 2de vrou en het verskeie verhoudings ook al gehad wat verbreek is. Dogters het tog ‘n ma nodig en ek voel op die stadium kan ons hulle baie meer standvastigheid bied. Maar hy wil glad nie instem nie en gebruik ontwrigting as ‘n verskoning. Wat staan my te doen?

  13. schalk pieterse
    schalk pieterse February 9, 2015 at 10:35 pm |

    ek wil graag weet meer oor as ouer bi polar is en my kind word mishandel wat staan my te doen

  14. Corneal
    Corneal February 14, 2015 at 9:34 am |

    Hi. Eks tans in n skei betrokke. My binnekort ex skei my. Maar sy draai als of ek haar skei. Nou hou sy my 2 jaar kind weg van my en vervreem hom vsn my sodat die hof hom alleen aan haar moet gee. Wat kan ek doen. Groete

  15. Corneal
    Corneal February 14, 2015 at 9:37 am |

    Hi. Ek is tans in n skeisaak betrokke. My binnekort ex skei my. Maar sy draai als of ek haar skei. Nou hou sy my 2 jarige kind weg van my en vervreem hom van my sodat die hof hom alleen aan haar moet gee. Sy het altyd n verskoning as ek hom wil sien.
    Wat kan ek doen.

  16. Buitelandse ma
    Buitelandse ma February 18, 2015 at 11:48 pm |

    In 2012 het ek en my man met ons 3 kinders en my seun uit vorige huwelik, met ex-man se toestemming, na die VSA verhuis.
    Ek was nog altyd primere versorger en onderhoud en medies en skool bydrae was nog altyd ‘n issue.
    Sedert ons verhuis het het hy alle kontak verbreek, al probeer ons op alle manier moontlik kontak maak. Skype, epos, bel, sms.
    My seun is al ouer, het die ouer-rol al van 5 opgeneem in hul verhouding. Die laaste 2 jaar was baie rof vir my kind. Hy is nou 14.
    My ex se ma het al die jare die onderhoud betaal en vandat ons verhuis het besluit dat onderhoud nou gestaak kan word.
    As nuwe immigrante wat besigheid in ander land begin het ons geweet ons sal nie fondse he om my seun terug SA toe te stuur indien ons nie onderhoud het nie. Ons het nie geweet hy gaan ophou kontak maak nie.
    Nou is my dilema:
    Ek kan nie vir paspoort asnsoek doen sonder sy toestemming nie.
    Ek kan nie terug reis met hom sonder beeidige verklaring van sy pa elke keer as ek terug SA toe wil gaan en ook terug na VSA reis nie.
    Ek het probleem om testament op te stel want as ek iets oorkom moet die pa in die hand gekry kan word om hom te kom haal anders word hy hier in maatskaplike sisteem opgeneem en van sy boeties en sussies en stiefpa verwyder.
    Ek gaan heelmoomtlik probleme he om sy burgerskap hier te kry.
    Ek het probeer uitvind… Is dit reg dat sounek aansoek doen vir alleen voogskap, dat ek en my seuns SA toe moet kom, vir evaluasie en onderhoude en die pa ook?
    Ek het die pa opgespoor… Nou in Nov, maar nogsteeds maak hy nie kontak nie en my seun het saam met puberteit nou besluit 2 jaar se probeer kontak maak is genoeg en hy voel dis beter om vrede te maak met feit dat sy pa niks met hom te doen wil he nie. Hy voel hy het genoeg seergekry en die teleurstelling van ‘n foon wat lui en nie geantwoord word nie is nie moeitewerd nie.
    Ek het nie die fondse om om te vlieg en die proses in SA te doen en dan nog ongeveer R40 000 te betaal vir regskostes nie. Dis R60 000 minimum waar ons nie op die stadium eers vleis hier kan bekostig nie. Ek voel dis onregverdig dat ek die kostes vir die reg om alleen my kind se belange te dra te dek.
    Is daar nie ander manier nie?

  17. Julia
    Julia March 2, 2015 at 10:14 am |

    My seun is 3jr gelede geskei. Aanvanklik het die 2 kinders (toe 1jr en 3jr) twee weke by elke ouer deurgebring. Twee jaar gelede het hul ma se soveelste kerel het by haar ingetrek in die kinders het begin kla van betasting. Al die tekens soos bednatmaak, nagmerries, verset om na haar toe te gaan, ens. was daar. Hulle is na ‘n kindersielkundige/ polisie/ maatskaplike werkers toe geneem. Almal het bevind dat “iets” gebeur het, maar die kinders is te klein om in ‘n hof te getuig. Die ma het toe vorendag gekom met die verskoning dat die kinders slegs higienies daar skoongemaak word (aanvanklik deur die kerel en later deur haarself) Tydens hierdie tyd is die kinders onder toesig van hul pa geplaas. Twee jaar later doen sy aansoek vir primere sorg en sonder dat enige getuies, onderwysverslae en selfs die sielkundige verslae in ag geneem is, word die kinders om ”n duistere rede (vir ons) in hul ma se sorg geplaas. Alles begin van vooraf. Hulle kom elke 2de naweek kuier en dis groot drama om hulle terug te neem. Dit huil, smeek en soebat om te bly. (hulle is nou drie maande in haar sorg) My seun sukkel nou al drie maande om ‘n fasiliteerder aan boord te kry, want sy gewese vrou kommunikeer geensins met hom nie, antwoord soms nie die telefoon nie, sit die telefoon op luidspreker sodat sy elke gesprek kan volg, vertel vir die kinders dat sy kan toor en alles kan hoor en sien wat hulle doen as hulle by hul pa is. Met toetse wat deur die sielkundige gedoen is focus hul ma glad nie in hul lewe nie. Slegs die pa, boetie en die oom vir wie hulle bang is.
    Dit voel of mens en geld uitgee en nerens kom nie. Ons wil die hofuitspraak wat die kinders in die ma se toesig gesit het appelleer, maar wag ook nou al byna drie maande vir die landdros om sy verslag te voorskyn te bring. Is daar ander stappe wat mens kan doen? Nuwe prokureur, advokaat of wat? Alles bly sloer en die kinders raak net meer verward en ongelukkig.

Leave a Reply

powered by SEO Traffic Booster
Visit Us On TwitterVisit Us On FacebookVisit Us On YoutubeVisit Us On LinkedinCheck Our Feed

More Reading:

  • Ready-scissors

  • receipt-translator

  • redden-shilling

  • Red-possessor

  • Regular-redden

  • rejoice-motherly

  • reproduction-whose

  • Responsible-cultivator

  • revenge-whom

  • Right-homework