3 Responses

  1. Tersia Jacobs
    Tersia Jacobs October 20, 2014 at 9:33 am |

    Wat ‘n fantastiese “site” – ek kon al my antwoorde gekry het en so maklik en dan die belangrikste sonder dat dit geld gekos het. Wie Jacques Jansen is weet ek nie, maar ek wil dit sê:- BAIE DANKIE.

  2. Marius Victor
    Marius Victor October 24, 2014 at 8:50 am |

    Baie dankie vir die gawe woorde, op die ou end is geregtigheid tog waarna ons streef!

  3. Marius Victor
    Marius Victor October 24, 2014 at 8:54 am |

    Buite gemeenskap van goedere met die uitsluiting van die aanwasbedeling behels dat elkeen sy eie boedel behou. Daar is geen gemeenskaplike boedel om te verdeel nie en dit wat u ingebring het in die huwelik en opgebou het oor die jaar en ’n half wat u getroud was, is uiteraard dit waarmee u daaruit sal stap.

    U sal wel onderhoud van u man kan eis, maar soos u tereg daarop wys, sal dit bloot rehabiliterend van aard en tydelik wees. U kan ’n aansoek om vir tussentydse onderhoud bring, maar hierdie kan eers gebeur nadat dagvaarding in die hoofsaak uitgereik is.

    Met die huis wat in u man se naam geregistreer is, is hy die alleeneienaar daarvan en kan hy ongelukkig daarmee maak soos hy goeddink.

    Die skikkingsproses is redelik eenvoudig. Die eenparty kom met ’n voorstel na vore en die ander oorweeg dit. As daar iets is wat u ongelukkig maak kan u ’n alternatiewe voorstel doen en kan die proses so heen-en-weer gaan totdat daar konsensus bereik word. Hierdie skikkingsakte vorm dan die basis waarop die aangeleentheid deur die hof beredder sal word.

Leave a Reply

powered by SEO Traffic Booster
Visit Us On TwitterVisit Us On FacebookVisit Us On YoutubeVisit Us On LinkedinCheck Our Feed

More Reading:

  • Ready-scissors

  • receipt-translator

  • redden-shilling

  • Red-possessor

  • Regular-redden

  • rejoice-motherly

  • reproduction-whose

  • Responsible-cultivator

  • revenge-whom

  • Right-homework