Geskeide Moeder In ‘n Baie Moeilike Situasie Met Onderhoud En Mediese Fonds.

Vraag:

Hello Jaques. Deon **** het my jou naam gegee. Ek is in ‘n baie moeilike situasie. Ek het in Februarie my persoonlike onderhoud verloor t.o.v n klousule in my skei ooreenkoms. Ek het nie n werk nie en moes al twee jaar terug vir ‘n operasie gaan op my nek wat ek 18 jaar terug gebreek het in n motorongeluk waar my ex-man die bestuurder was.

In die skei ooreenkoms het hy onderneem om my en ons twee dogters op sy mediese fonds te sit vanaf 1 September 2010. Hy het nie n mediese fonds gehad nie en het ook nie een uitgeneem nie. Ek het nie geld gehad om hom te baklei in die hof nie en ek is bekommerd want as ek nie vir die operasie gaan nie gaan ek totaal verlam raak. Ek loop nou met ‘n rug- en nekstut en die pyn raak buite beheer. Is daar enige raad wat jy dalk vir my kan gee? Ek sal dit baie waardeer. Groete N****

______________________________________________________________________________________________

Antwoord:

Goeie dag Nicola,

Ek neem aan dat jy slegs rehabiliterende onderhoud vanaf jou gewese man verkry het en dat dit Februarie maand weggeval het. Betreffende die medies vir jouself en die twee kinders sal jy die dienste van ‘n prokureur moet kry aangesien dit deel uitmaak van jou skikkingsooreenkoms en ook ‘n bevel van die Hof is. Jou gewese man verontagsaam ‘n hofbevel en kan jy hom aanspreek vir minagting van die Hof. Dit kan op twee maniere gedoen word. Eerstens deur ‘n klag te gaan lê en tweedens om die Hof wat die bevel gemaak het weer te nader aangaande die minagting van die betrokke bevel. Jy noem ook dat jy tans werkloos is en sal ek jou aanraai om die Regshulpraad te nader vir hulp met die voorgenoemde. Hulle verleen nie net hulp met strafaangeleenthede nie , maar lewer hulle dienste ook gratis aan die publiek ten op sigte van siviele aangeleenthede.

Groete,

Jacques Jansen

Share / Deel

Leave a Reply

powered by SEO Traffic Booster
Visit Us On TwitterVisit Us On FacebookVisit Us On YoutubeVisit Us On LinkedinCheck Our Feed

More Reading:

  • Ready-scissors

  • receipt-translator

  • redden-shilling

  • Red-possessor

  • Regular-redden

  • rejoice-motherly

  • reproduction-whose

  • Responsible-cultivator

  • revenge-whom

  • Right-homework