Anoniem
Ek is al vir 25 jaar getroud. Gedurende hierdie tyd wou my vrou al veskeie kere skei, maar ek het haar elke keer omgepraat om nie dit te doen nie – hoofsaaklik as gevolg van die kinders. Hulle is nou uit die huis uit en dinge verbeter nie. Ons is buite gemeenskap van goed, met aanwasbedeling getroud. Sy het geen respek vir geld nie, daarom is ons skuld baie en ons bates min. Indien ons sou skei, aanvaar ek sy dra helfte van die skuld ook. Is ek verantwoordelik om behuising aan haar te verskaf? Indien wel, op haar terme (sy verwag ‘n huis by die see), of slegs iets soortgelyk aan wat ons nou het in veilige omgewing? Ek sal ‘n voertuig aan haar gee. Sy is tans ‘n aktiewe eiendoms agent en was ook een in Hartbeespoort – dis waar ek bereid is om behuising te kry, byvoorbeeld ‘n gemeubileerde woonstel. Ons het ‘n huis wat ek wil verkoop en ek het gedink om halfte van die opbrengs aan haar uit te betaal. Ek sal die skuld oorneem, maar dan betaal ek geen verdere onderhoud nie. Ek het ‘n seun op universiteit wat ek ook verder sal versorg. Sy kan op my medies bly.
___________________________________________________________________________________________
Jacques Jansen:
Geagte Anoniem,
Daar is verskillende maniere waarop jy kostes kan bespaar tydens ‘n egskeiding. Gaan kyk gerus na die volgende skakel:
http://www.egskeiding.org.za/index.php/21-maniere-om-geld-te-spaar-gedurende-egskeiding/
Uit jou navrae is dit duidelik dat ‘n egskeiding tussen jou en jou vrou vining en goedkoop afgehandel kan word, omdat julle nie in ‘n geskil betrokke is oor bates of kinders nie. As gevolg hiervan, sal jou beste opsie wees om ‘n skikkingsooreenkoms met jou vrou te sluit. Ingevolge hierdie ooreenkoms, sal jy en jou vrou besluit waartoe elkeen geregtig is. Die ooreenkoms word ingesluit by die egskeidingsbevel en is sodoende ten volle afdwingbaar. Omdat julle buite gemeenskap van goed (met aanwas) getroud is, is die gade wie se boedel die minste groei getoon het gedurende die huwelik geregtig op halfte van die verskil tussen die twee boedels. Dit wil sê, as jou boedel byvoorbeeld gegroei het met R1 000 000 en haar boedel gegroei het met R500 000, is sy geregtig op R250 000. Dit sluit die skulde in.
Indien u graag ‘n egskeidingsaksie wil instel, of ‘n skikkingsooreenkoms sal wil aangaan, sal ons u graag daarmee bystaan.
Kontak ons gerus vir ‘n konsultasie.
Die eerste konsultasie is gratis. Daarna, beloop ons fooie vir ‘n onbestrede egskeiding R3 500.00 (indien u in Potchefstroom woonagtig is) en R4 500.00 (indien u buite Potchefstroom woonagtig is).