2 Responses

  1. Anonymous
    Anonymous March 19, 2014 at 5:41 pm |

    Ek is tans besig met n baie lelike egskeiding. Ek is al 4 jaar getroud, waartydens ek emosioneel en seksueel mishandel is. Ons het n seuntjie van 3 jaar en hy weier om die kind vir my te gee. In die omstandighede het ek uitgetrek uit sy huis en hy besluit nou wanaeer ek my kind mag sien. Hy is baie aggresief en ek is nie meer daar om skeidregter te speel teen hom en my seun nie. Hy gebruik steroids en is baie aggresief en kry black outs. Ons is binne gemeenskap van goedere getroud en volgens hom stap ek uit die huwelik met niks ek geen regte op geen pensioen fonds. Hy het my bankkaart gevat waar my salaris die afgelope 4 jaar inbetaal is en nou sit ek met geen geld of voertuig nie, want hy kan nie voorsien nie. Hy teister my seksueel en alles wat hy vir my moet doen moet met seksdade vergelyk word. Ek het al die smse en emails waar hy my dreig met my seun asook dat ek moet weet dat hy die egskeiding gaan uittrek vir jare. Hy het ook problem met ponografie asook tiener meisies. My seun se babbysitter was ook oor Desember geteister en fotos van haaar en ‘n vriendin na al sy vriende gestuur.

  2. Marius Victor
    Marius Victor October 24, 2014 at 10:00 am |

    My voorstel hier is drievoudig:

    1. Bring hierdie omstandighede onder die aandag van die Kinderhof en bewerk ‘n verandering in die toesig en kontakreëlings betreffende u seun. Die Klerk van die Kinderhof kan u help hiermee.

    2. Bring ‘n aansoek vir tussentydse onderhoud. Sodoende kan hy die saak gerus vir jare uittrek, u sal steeds onderhoud kry. U sal ‘n prokureur hiervoor moet aanstel, aangesien die prosesstukke soms ingewikkeld kan raak.

    3. Gaan polisie toe en verkry ‘n gesisnsgewels- of teisteringsinterdik teen hom. Niemand gaan glo dat jy werklik ernstig is oor u en u kind se welstand as u nie iets doen nie, so gaan meld sy optrede aan.

Leave a Reply

powered by SEO Traffic Booster
Visit Us On TwitterVisit Us On FacebookVisit Us On YoutubeVisit Us On LinkedinCheck Our Feed

More Reading:

  • Ready-scissors

  • receipt-translator

  • redden-shilling

  • Red-possessor

  • Regular-redden

  • rejoice-motherly

  • reproduction-whose

  • Responsible-cultivator

  • revenge-whom

  • Right-homework