Jacques Jansen:: Hoe Om Spaarsamig Te Wees Tydens Egskeiding

EGSKEIDING: BEPLAN JOU FINANSIES GOED!

Egskeidings moet hanteer word soos enige ander groot uitgawe.

Vroue word baie keer die swaarste getref as dit kom by egskeidings. Of jy nou lankal jou egskeiding beplan het, of veras word daardeur, kan jou egskeiding swaar wees op jou finansies.

Hier is ’n paar wenke vir vroue om finansiëel te oorleef tydens egskeiding:

Kry ’n gevoel van dringendheid.

Wanneer jy iets gedoen wil hê, doen dit onmiddellik. Elke minuut wat jy mors het finansiële komplikasies.

FONDSE VIR EGSKEIDING

Maak seker dat jy begroot vir jou egskeiding!

Oorweeg die randwaarde van alle vrae wat jy vra.

Behandel elke besluit tydens egskeiding asof dit jou finansiëel sal impak. Oorweeg dus elke vraag voordat jy besluit op enige antwoord of voordat jy jou tot enige iets verbind.

Ken die besonderhede van jou finansies.

Maak seker jy het alle finansiëele verslae. Ondersoek enige verborge eiendom. Moet nie net feite aanvaar nie. Indien jy alle besonderhede het, sal jy nie net blindelings ’n skikking aanvaar nie.

Struktureer jou begroting.

Aangesien jy heel waarskynlik regskoste gaan moet betaal, moet jy jou begroting so noukeurig moontlik uiteensit om daarvoor voorsiening te maak; ook vir alle onbeplande uitgawes. Daar sal veranderinge in jou leefstyl moet wees om te verhoed dat jy jouself finansiëel ruïneer.

In die meeste huwelike bedank vroue van hulle werk om by die huis te bly en na die kinders te kyk. Egskeiding opsigself verander nie die ouerskap plan of verstandhouding wat tydens die huwelik tussen die partye geheers het nie.

Onthou dat, al is jou gade (man) verplig om onderhoud te betaal, moet jy steeds nie volkome van hom afhanklik wees nie. Probeer om ’n werk te kry en, as jy kan- geld te belê ten einde ’n inkomste te kry.

Groete,

Jacques Jansen

One Response

  1. Hennie Cilliers
    Hennie Cilliers April 4, 2015 at 5:18 pm |

    My eks vrou, ons is reeds die 10 Desember 2014 geskei, wil ni om die dood met my vergader om ons finasiele skiking te finaliseer ni. ons moet nou saam met haar prokereur sit om tot n vergeluk te kom. ek maak gekruik van die regshulp raad en hulle se ek moet net luister en net praat wanneer ek saam stem. wat is my regsposiesie in die geval?

Leave a Reply

powered by SEO Traffic Booster
Visit Us On TwitterVisit Us On FacebookVisit Us On YoutubeVisit Us On LinkedinCheck Our Feed

More Reading:

  • Ready-scissors

  • receipt-translator

  • redden-shilling

  • Red-possessor

  • Regular-redden

  • rejoice-motherly

  • reproduction-whose

  • Responsible-cultivator

  • revenge-whom

  • Right-homework