7 Responses

  1. Alta van Zyl
    Alta van Zyl March 14, 2013 at 9:36 am |

    Hi Jacques

    Ek is so 9jr getroud met die aanwas bedeling. Ek wil net uitvind. My man kan skuld maak sonder my toesteming. Hy het nie my handtekining nodig nie. Kan ek ook verantwoordelik gehou word vir die skuld en as ek kan. Hoe kan ek myself daarteen beskerm. Dankie

  2. Anonymous
    Anonymous October 1, 2014 at 9:10 am |

    More, ek is buite gemeenskap van goedere getroud in Desember 1981. My man in 59 en ek 55. Ek wil graag n paar vrae vra asb. Ek het 3 jaar gelede uit ons kamer na n ander kamer in die huis getrek, hy het so 5jr gelede met n hobby begin, non stop bou hy model vliegtuie in die garage, kom van die werk af eet reguit garage toe, tot so 11 of 12 uur in die nag, en naweke saterdae en sondae vroeg uit die huis gaan vlieg met sy pelle by die club kom 10 ure later terug, soms wanneer dit donker is. Ek het tot so 4 jr gelede hier in die huis vir hom gewerk, ons het ons eie besigheid hier gehad. So vir 4 jaar werk ek nie, se maar huisvrou. Hy se nou ons is automaties geskei oor ek ons van bed en tafel geskei het. Ek wil weet wat is my regte as ek hom skei, net ons huis is in altwee se naam. Moet hy onderhoud betaal en ook vir my blyplek as ek skei. Ek het al die jare van ons getrou het gewerk en 25 jr gelede na my dogter se geboorte opgehou werk om vir hom te werk by die huis toe hy n besigheid begin. 4 jaar gelede het hy saam met n vennoot hulle eie besigheid begin, dis toe ek opgehou werk het. Baie Dankie

  3. Lorenzo Willemse
    Lorenzo Willemse October 14, 2014 at 6:13 pm |

    Eerstens, nee u is nie outomaties geskei nie. Egskeiding is ‘n proses wat deur die hof moet gaan. Indien die huis, soos u sê in beide u en u man se name geregistreer is, is u beide geregtig op die huis. U en hy sal dus ‘n ooreenkoms moet tref oor hoe u met die huis te werk sal gaan na die egskeiding. Dit kan u doen deur ‘n behoorlik bewoorde skikkingsooreenkoms te onderteken.

    Met betrekking tot die onderhoud aan u, moet u die volgende in gedagte hou:

    • Hierdie tipe onderhoud is nie ‘n reg nie. Ons howe is ten gunste van die “clean break” beginsel. Met ander woorde dat die partye na die egskeiding ‘n skoon breuk vanaf mekaar maak.
    • Dus, indien u onderhoud vir uself wil eis, moet u uitdruklik daarvoor pleit in u pleitstukke.
    • Daar is twee tipes onderhoud waarvoor u hier kan eis, naamlik rehabiliterende onderhoud en permanente onderhoud.
    • Rehabiliterende onderhoud is onderhoud wat ten doel het om aan die onderhoudsmagtigende die geleentheid te gun om om hom / haarself te rehabiliteer. Hierdie tipe onderhoud word toegestaan vir ‘n beperkte tydperk of bedrag. Die onderhoudsmagtigende word dus hiermee die geleentheid gegun om hom / haarself te rehabiliteer en om selfonderhoudend te word.
    • Permanente onderhoud aan die ander kant is onderhoud wat toegestaan word tot en met die dood of wanneer die onderhoudsmagtigende weer trou. Hier sal die hof kyk na onder andere die duur van die huwelik, die ouderdom van die partye, die redes vir die verbrokkeling van die huwelik en die vermoë van die onderhoudsmagtigende om te rehabiliteer / om selfonderhoudend te word.

  4. Anonymous
    Anonymous January 29, 2015 at 9:06 am |

    Ek wil net hoor, as ek sou buite gemeenskap van goedere met die aanwas bedeling trou en ek erf ‘n groot bedrag van my ouers eendag, sal ek dan daardie bedrag moet deel as ek en my man dan sou skei?

  5. Ewoud
    Ewoud February 22, 2015 at 7:26 pm |

    naand ek wil net weetvas ek en my lewensmaat buite gemeenskap met aanwas getroud is en hy koop n besigheid in ons huwelik tydperk en ons skei wat is my regte teenoor die besig heid as ek niks saam hom geteken het vir die besig heid

  6. Marius Victor
    Marius Victor April 21, 2015 at 8:24 am |

    U sal nie nee. U word beskerm deur u huweliksgoederebedeling en moontlik ook nog deur u ouers se testament, welke die gevolge van ‘n erfgenaam se huwelik kan uitsluit as dit by die erflating kom.

Leave a Reply

powered by SEO Traffic Booster
Visit Us On TwitterVisit Us On FacebookVisit Us On YoutubeVisit Us On LinkedinCheck Our Feed

More Reading:

  • Ready-scissors

  • receipt-translator

  • redden-shilling

  • Red-possessor

  • Regular-redden

  • rejoice-motherly

  • reproduction-whose

  • Responsible-cultivator

  • revenge-whom

  • Right-homework