2 Responses

  1. Anonymous
    Anonymous October 14, 2014 at 8:22 am |

    My dogter is getroud met ‘n man nadat sy swanger geraak het, hulle was 8 maande getroud toe trek sy uit weens geweld en mishandeling. Die seuntjie word Desember al 4 en die man weier om die skikkingsakte te teken elke keer kom hy met nuwe vereistes as ek teken kry hy weer iets anders. Sy gee hom toegang om vir sy kind te kom kuier en ons het self altyd vir hom slaapplek en kos gegee as hy vir die naweek gekom het. Ons het dit gestop nadat hy vir sy prokureur vertel het die verblyf en kos by gastehuis kos hom ‘n fortuin elke naweek.

    Sy prokereur het nou gesê hy kan die seuntjie kom haal vir 4 ure elke 2de Saterdag en die sondag heeldag kuier ek het geen problem met die kuier nie maar die kind skree elke keer blou moord as hy saam met sy pa moet ry. Is dit wettig dat hulle haar kan dwing om die kind te laat gaan voordat die hof so bevel gegee het.

    Help asb, sy sukkel al 3 jaar

  2. Lorenzo Willemse
    Lorenzo Willemse October 14, 2014 at 5:48 pm |

    Alhoewel die ondertekening van ‘n skikkingsooreenkoms die egskeiding vergemaklik en dit vinniger sal maak, is die bestaan daarvan nie ‘n voorvereiste vir die afhandeling van die egskeiding nie. Die egskeiding kan steeds voortgaan, maar nou net op ‘n geopponeerde basis.

    Sy prokureur kan nie arbitrêr besluit wanneer hy die kinders mag of nie mag sien nie. Dit wil voorkom asof daar ‘n dispuut is oor toegang tot die kinders. Ek stel derhalwe voor dat die aangeleentheid verwys word na die gesinsadvokaat vir mediasie. Die gesinsadvokaat sal ‘n aanbeveling maak oor wat in die beste belang van die kind is.

Leave a Reply

powered by SEO Traffic Booster
Visit Us On TwitterVisit Us On FacebookVisit Us On YoutubeVisit Us On LinkedinCheck Our Feed

More Reading:

  • Ready-scissors

  • receipt-translator

  • redden-shilling

  • Red-possessor

  • Regular-redden

  • rejoice-motherly

  • reproduction-whose

  • Responsible-cultivator

  • revenge-whom

  • Right-homework