Meerderjarige Dogter Wil Beroepstudent Wees – Moet Pappa Nog Onderhoud Betaal?

Stiaan Oberholzer

Hi. My dogter is nou al 22 jaar oud. Sy is veronderstel om die jaar haar derde jaar op kollege klaar te maak. Tot waneer is ek verplig om aan haar onderhoud te betaal. Ek hoor by ander dat sy n ander kursus wil volg, omrede sy dink sy het die laaste drie jaar die verkeerde kursus gevolg. Ek kan nie meer dit bekostig nie.

 ______________________________________________________________________________________________

 Jacques Jansen

 Stiaan.

 Dit is nie so eenvoudig as wat jy graag sou wou hê dit moet wees nie.

Voorlopig is ek van mening dat sy nie geregtig is daarop om van nuuts af ‘n ander kursus te volg in plaas van werk te soek nie.

 ______________________________________________________________________________________________

 Stiaan Oberholzer

Dankie. Hoe gaan ek te werk om die onderhoud te stop, want ek voel ook sy kan nou maar begin na haarself kyk.

______________________________________________________________________________________________

Jacques Jansen

Stiaan.

Is daar ‘n onderhoudsbevel?

______________________________________________________________________________________________

Stiaan Oberholzer

 Ja, daar is een.

 ______________________________________________________________________________________________

 Jacques Jansen

Reg so. Dan moet jy dieselfde Onderhoudshof nader met ‘n versoek om die onderhoudsbevel tersyde te stel.

Groete,

Jacques Jansen

Share / Deel

3 Responses

  1. Carline pretorius
    Carline pretorius October 13, 2011 at 10:56 am |

    Hi waar gaan ons om advies te vra?? Op facebook wat die groep naam of wat web naam kan ek vra baie dankie.

Leave a Reply

powered by SEO Traffic Booster
Visit Us On TwitterVisit Us On FacebookVisit Us On YoutubeVisit Us On LinkedinCheck Our Feed

More Reading:

  • Ready-scissors

  • receipt-translator

  • redden-shilling

  • Red-possessor

  • Regular-redden

  • rejoice-motherly

  • reproduction-whose

  • Responsible-cultivator

  • revenge-whom

  • Right-homework